Erries Lourierfunksie. Op 19 Oktober is die Erries beloon tydens die jaarlikse Lourierfunksie.
Dit was weereens ’n pragfunksie wat daarvan getuig dat enige iets wat die Erries aanpak, met styl en klas gedoen word. Die leerders is vereer vir hul harde werk en ’n paar pryse wat uitgestaan het, sluit in:
- Dirk Maritz wat die Theana de Beer wisseltrofee ontvang het vir die beste kultuurbydrae
- Danel Olivier ontvang die NJ Robbertse-prys vir die beste graad 12-leerder in sport en akademie
- Die boekpryse vir beste tweetaligheid is toegeken aan Dirk Maritz (Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal). Sihle Maseko (English Home Language en Afrikaans Eerste Addisionele Taal)
- Lood Geldenhuys het die Sybrand Harris-kontantprys ontvang vir die hoogste prestasie behaal vanaf graad 8 tot 12
- Danel Olivier ontvang ook die Dr. Roeline Groenewald-motiveringstrofee en kontantprys vir die naasbeste presteerder in graad 12.
Die graad 12-top tien (vanaf nommer een tot tien): Lood Geldenhuys, Danel Olivier, Elandri Swart, Dirk Maritz, Ilandri Nel, Sihle Maseko, Tobie Leibbrandt, Pieter Leibbrandt, Frané Swart en Carla Ferreira.
Erries se 2022 Dux-leerder is Lood Geldenhuys. Hy ontvang ’n kontantbedrag wat deur dr Odie Swart geborg is, asook ’n silwer skinkbord en die Fairbairn-medalje wat beide deur TWK geborg is.
Die harde werk wat elke onderwyser en leerder insit, gaan nie ongesiens verby nie.
Erries Laurel function
On October 19, the Erries were rewarded at the annual Laurel Function.
Once again, it was a splendid function that attested to the fact that anything the Erries take on is done with style and class. The learners were also honoured for their hard work and a few prizes that stood out included:
- Dirk Maritz received the Theana de Beer floating trophy for best cultural contribution
- Danel Olivier received the NJ Robbertse prize for the best Grade 12 learner in sport and academics
- The book prizes for best bilingualism were awarded to Dirk Maritz (Afrikaans Home Language and English First Additional Language) and Sihle Maseko (English Home Language and Afrikaans First Additional Language)
- Lood Geldenhuys received the Sybrand Harris Cash Prize for the highest achievement achieved from Grades 8 to 12
- Danel Olivier also received the Dr Roeline Groenewald Motivational Trophy and cash prize for the second best achiever in Grade 12.
The Grade 12 top ten (from number one to ten): Lood Geldenhuys, Danel Olivier, Elandri Swart, Dirk Maritz, Ilandri Nel, Sihle Maseko, Tobie Leibbrandt, Pieter Leibbrandt, Frané Swart and Carla Ferreira.
The 2022 Dux learner is Lood Geldenhuys. He received a cash sum sponsored by Dr Odie Swart, as well as a silver platter and the Fairbairn Medal. Both sponsored by TWK.
The hard work that every teacher and learner puts in does not go unnoticed.
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
Photos supplied