ān Hele paar van HoĆ«rskool Ermelo se wintersportspanne was die afgelope vakansie deel van verskeie oefenkampe en sporttoere.
Die o/14A-dogtershokkiespan neem aan ān toernooi deel te Nedstar-hokkiekliniek in Garsfontein vanaf 4 ā 6 April 2018. Uit onder andere 10 o/14-spanne wat diĆ© toernooi bygewoon het, eindig die Erries algeheel tweede. Eerstens speel hulle teen Garsfontein se o/14B-span en wen 9-0. Die o/12-span van Garsfontein moes die stryd gewonne gee en verloor 10-0 teen die Erries. Teen Midstream o/14A-span wen die Erries 5-2 en EHS klop Delmas se o/13-span met 4-2. In die finale rondte speel die Erries teen Garsfontein se o/14Aās en verloor ongelukkig 3-5.
Die o/15A-dogtershokkiespan het saam met die o/14A-span die toernooi bygewoon. Uit hul ses wedstryde wat hulle speel, verloor hulle slegs een. Dit besorg hulle ook ān algehele tweede plek. HoĆ«rskool Garsfontein klop die Erries 3-0. Die Erries wen die ander vyf spanne met tellings soos volg (EHS se tellings telkens eerste): Midstream o/15B: 3-0. Potchefstroom Volkskool o/15A: 3-0. Tyger Valley: 4-0. HoĆ«rskool Middelburg: 1-0. Midstream o/15A: 1-0.
Op Woensdag 28 Maart 2018 skop die o/16A- en Tweede dogtershokkiespanne hul kursus af waar motiverings-videoās in die Erries se nuwe ontledingskamer gewys word.Ā Spelpatrone en situasies op die videoās word bespreek, waarna vaardighede op die A-veld ingeoefen word.Ā Wedstryde word gespeel tussen die twee spanne om te kyk hoe hulle die aangeleerde vaardighede toepas. Die spanne vertrek op Donderdagoggend om 03:30 na Sodwana.Ā Kamp word opgeslaan waarna almal afkoel in die see.Ā Die Vrydagoggend is almal vroeg uit die vere en word twee kilometer na die see gedraf, gevolg deur kragoefeninge in die water. Die twee kilometer op die seesand word weer aangepak op Saterdagoggend, waarna 7ās-hokkie gedurende laagwater op die sand gespeel word.Ā Die spanne geniet ān paar stelle vlugbal met skaterlag en as deel van spanbou. Op Sondagoggend 1 April word ān bosvoetpaadjie na die strand gedraf en 25 bulte gehardloop om deursettingsvermoĆ« by elke spanlid te kweek.Ā Die groep sluit hulle Sondag af op die strand in die maanlig en met flitse word daar na sandluise gesoek. Elke oefensessie is gevolg deur ān heerlike onbyt en welverdiende, genotvolle dae op die strand.
HoĆ«rskool Ermelo Calstar Eerste Dogtershokkiespan se kursus was ook ān besondere sukses. Die spelers is gekomplimenteer vir hulle spel en veggees, hulle uitsonderlike optrede en hul pragtige kleredrag. Die vyf wedstryde wat die span speel, speel hulle met oorgawe en vaar goed met slegs twee wedstryde wat hul verloor. Hulle eindig algeheel tweede in die toernooi. Die span wen 7-0 se Grant Leigh van Richardsbaai, 4-1 teen HoĆ«rskool Sasolburg en verloor 5-2 teen HoĆ«rskool Garsfontein se Eerstespan. Die Erries speel teen die wenners van die ander poel ā Garsfontein se uitnodigingspan ā en wen met ān telling van 2-0. In die finaal kom EHS se dogters weer te staan teen Garsfontein se Eerstespan en verloor diĆ© keer slegs met een doel. Die eindtelling was 2-1.
Die Eerstespan Seunshokkie toer saam met die Eerstespan dogters na Nedstar-hokkiekliniek in Garsfontein vanaf 2 ā 4 April 2018. Die Seunshokkiespan speel vyf wedstryde waaruit hul baie geleer het. Die span verloor teen HoĆ«rskool Sentraal met 1-3, asook teen HoĆ«rskool Kroonstad met ān eindtelling van 0-2. Die spel teen HoĆ«rskool Maragon van Ruimsig eindig gelykop met 2 doele vir elk en teen HoĆ«rskool Garsfontein kry nie die Erries of HoĆ«rskool Garsfontein ān doel aangeteken nie. HoĆ«rskool Kroonstad se o/16A-span moes die knie buig teen die Erries, wat hulle met 4-1 geklop het.
Al die toernooie by die Nedstar-hokkiekliniek is verdeel in twee dele: vaardigheidsontwikkeling, asook taktiese spelpatrone wat in die oggend behandel is en wedstryde wat die spanne in die middae en aande gespeel het. Craig Fulton, Ierland se mansafrigter was een van die hoof-afrigters wat die kurus aangebied het.
Die rugbyseuns geniet ook oefenkampe en spantoere waar die seuns uiters baie leer.
Die o/14A-span speel, tussen baie oefen en vaardigheidsontwikkeling, vanaf 4 ā 7 April 2018 in Volksrust teen drie spanne. EHS verloor teen Arikaans HoĆ«r Seunskool met 56-7, maar wen HoĆ«rskool Benoni oortuigend met 56-0 en HoĆ«rskool Volksrust met 36-5.
Vanaf 4 ā 7 April 2018 het die o/15A-span ān oefenkamp te Mountain View by Badplaas geniet. Bo en behalwe die pragtige natuurskoon, het die span ook die spanbou en -gees, oefensessies en ontwikkeling uiters baie geniet. Tussen die baie aktiwiteite, soos ān nagmars, hindernisbane, duik en swem in yskoue waterpoele was die oefening met baie hulpmiddels ā duiksakke, buitebande, pale en vele meer ā van onskatbare waarde. Elkeen van die seuns het ook geestelik ryker terug gekom na motiveringstoesprake.
Op die EHS se terrein het die o/16A-span net so hard geoefen by die oefenkamp vanaf 6 ā 8 April 2018. Daar is nie net gefokus op oefening nie, maar ook op spangees en ābou, asook dissipline. Die seuns het ook ontspanningsaktiwiteite geniet en het met meer kennis die suksesvolle kamp afgesluit.
Die HoĆ«rskool Ermelo Nashua Highveld Eerste-rugbyspan het vanaf 3 ā 6 April 2018 in Parys gaan toer. In moeilike omstandighede moes die span al drie hul wedstryde in nat weerstoestande speel. Alhoewel die wedstyde slegs 50 minute geduur het, het elke speler hom nogtans baie goed van sy taak gekwyt. Die spelers het die toer baie geniet, spangees is versterk, verhoudings gebou en die laaste voorbereidings is afgehandel voordat die liga vir EHS begin. Uitslae: EHS verloor teen Sarel Cilliers met 23-24, maar wen HoĆ«rskool Sasolburg oortuigend met 40-0, asook HoĆ«rskool Kroonstad in ān naelbyt-wedstryd met 14-10.
Baie dankie aan elke leerder en onderwyser wat hul tyd opgeoffer het en hul hart en siel in hierdie toere ingesit het. Dit is voorwaar ān riem onder die Erries se groen-hart om te kan beleef hoe die leerders met trots die Errie-naam hoog hou.