)

Hoërskool Ermelo hou suksesvolle groentjieskonsert

Op Maandag 26 Maart 2018 het die Erries se jaarlikse Groentjieskonsert en alles wat daarmee gepaard gaan, EHS se terrein gevul met gesonde kompetisie en ongelooflike gees. Die oggend se aankoms van die dirigente het die dag op ‘n hoë noot afgeskop.

Die aand het die genot voortgeduur met elke huis: Veltman, Nelstehuis en Dorp, se huisdanse, gevolg deur die konsert wat gehou is deur die graad 8’s. Die temas wat uitgebeeld moes word, was “RESPEK, VINK TOT VALK en ERRIE-VUUR.” Elke huis het ook twee animasiekarakters gehad wat hul in die konsert moes inkorpereer. Ander aspekte wat moes deel vorm van die konsert was ‘n “verrassingselement” wat die middag voor die opvoering aan die huise gegee is: ‘n nuusberig, advertensie en groentjiesdans waar die hele graad 8-groep moes deelneem.

Die danse, dirigente en konserte het weereens gespreek van uitnemende kreatiwiteit, talent en harde werk. Elke huis het na die beste van hulle vermoë presteer.

Huis Veltman, EHS se seunskoshuis, palm die volgende pryse in: Beste dirigente, beste huisdans, beste uitbeelding van tema, beste advertensie, beste kostuums, beste humor, beste storieverteller (Walter van der Walt), beste akteur (Diederik van der Walt), beste konsert, asook die groot prys van die ALGEHELE WENNER!

Nelstehuis, die meisiekoshuis, wen die prys vir die beste dekor, beste nuusberig en beste aktrise (Petra-Marie Arnoldi).

Dorp wen die beste groentjiesdans-prys, asook die beste gebruik van die verrassingselement.

Baie geluk aan elke leerder wat besonder hard gewerk het om ‘n sukses te maak van hierdie jaar se groentjieskonsert.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal