Op 11 April 1914 het die Hoërskool Ermelo tot stand gekom. Die skool was in daardie tyd bekend as die Ermelo se Hoërskool. Dié besondere skool was die eerste plattelandse hoërskool in die Transvaal.
In die jare wat verloop het, het die EHS gegroei van krag tot krag. Met harde werk, trots en genade is Hoërskool Ermelo vandag nog, 104 jaar later, steeds ‘n skool wat enig is in sy soort.
Ons buig vandag weer met absolute dankbaarheid en in afhanklikheid voor ons Hemelse Vader wat die Erries bly dra en lei.
Dankie aan elkeen wat bygedra het en steeds bydra tot die sukses van die EHS.
Ons groen Errie-harte klop trots – elke dag meer en meer!
Op die foto bo:
(vlnr): Lydia Landman, Gejhan Thyssen, Janicé Harmse, Vandré Swart en Jenna Lewis
Become a Sponsor










