)

Erries geniet toer na Rusland

Op Maandag 17 Junie om 20:00 staan drie Hoƫrskool Ermelo-onderwysers en 13 kinders op die lughawe, opgewonde, benoud, en meer as gereed vir die langverwagte avontuur na Rusland. Na twee vlugte en 13 lang ure in die lug, land die groep in Moskou: massief, mooi, met baie magiese elemente. Die strate is skoon, mense loop sonder vrees en die verkeer is georganiseerde chaos.

EHS se leerders was drie dae in Moskou waartydens hulle twee aanskoulike parke, ā€˜n kunsmuseum, verskeie katedrale, gedenkgeboue, insluitend die Kremlin, Rooiplein en ā€˜n Arsenaalmuseum, asook Rusland se Ruimtevaart-museum besoek het. Hulle het na hartelus gekoop by die duurste inkopiesentrum in Rusland (GUM), ā€˜n kleurryke vlooimark en verskeie aandenkingwinkels.

Met die ondergrondse treine het hulle die indrukwekkende treinstasies verken en met ā€˜n riviervaart Moskou vanuit ā€˜n ander oogpunt beskou. Die Erries sluit die reis aan Moskou op ā€˜n hoogtepunt af met ā€˜n besoek aan die Moskousirkus en ā€˜n oornagse treinrit na St. Petersburg.

Na die besige en gejaagde ervaring in die stad van Moskou, is St Petersburg `n lafenis vir die plattelandse leerders en onderwysers. St Petersburg is meer intiem, kunssinnig en aansienlik koeler as Moskou. Hier besoek die Erries majestueuse paleise (Pushkin paleis en Peterhof) en die Baltiese see. ā€œBy Peterhof het `n straat-orkes aan ons hartsnare gepluk met die speel van ons land se volkslied,ā€ sĆŖ ā€˜n leerder van EHS.

Hulle het die wĆŖreldbekende kunsmuseum, die Hermitage, en die ā€œSpilled bloodā€-katedraal besoek. Albei die besoeke was onbeskryflik! Met ā€˜n kanaalvaart besef die Erries dat St Petersburg eintlik uit verskillende eilande bestaan.

EHS se leerders was bevoorreg om tydens die besoek aan St Petersburg Rusland se jaarlikse skoolverlatersfunksie, Scarlet sails, op die Neva-rivier te beleef. Laastens is die avonturier binne elkeen gevoed deur `n besoek aan die Divo Ostrov Pretpark en die alombekende en vreesaanjaende ā€œMaze of fearā€.

Die tien dae in Rusland het te vinnig verby gevlieg vir die EHS-leerders en -onderwysers. Rusland is `n asemrowende en verfrissende land met `n ryk kultuur, tradisie en geskiedenis.

Die Erries het vir maande na diĆ© verkenningstog uitgesien, maar hul lewens is verryk met ongelooflike foto’s en onvergeetlike herinneringe.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal