Op Dinsdag, 16 Julie, het Hoërskool Strand se onder 16A-dogters-hokkiespan en onder 18B-netbalspan teen ‘n toerspan van Hymers in Hull, Engeland gespeel.
Boer teen Brit sorg altyd vir goeie kompetisie. Niemand kon egter as oorwinnaar uit die stryd tree in die hokkiewedstryd nie en die wedstryd eindig gelykop 2 elk. Die doelskieters van Strand was Antoinette Bredenkamp en Lecé van Wyk.
Op die netbalveld was die telling teen rustyd gelyk met 7 elk. Na rustyd het die Strand-meisies werklik ‘n grootse poging aangewend en met uitsonderlike deursettingsvermoë die wedstryd met 18-13 gewen.
Die spelers van die wedstryd was Nadia Louw en Elbé Fouché.