Op Woensdag 25 April 2018 het die Erries deelgeneem aan die nasionale uitdunrondte van die Artisticulta redenaarskompetisie.
Dit is die eerste keer dat die Erries aan die kompetisie deelneem en die groep EHS-leerders het hul besonder goed van hul taak gekwyt.
Die beoordelaars was baie beĆÆndruk met die standaard wat die Erries gehandhaaf het. Elke leerder ontvang ‘n punt, sertifikaat en medalje vir deelname. Op grond van die punte word bepaal wie deurgaan na die finaal wat in Junie in die Pierneefteater plaasvind. Die uitslae van die leerders wat na diĆ© rondte deurgaan word laat in Mei bekend gemaak.
Baie geluk aan die Erries wat deelgeneem het en hul plekke volgestaan het voor die gehoor! Ons sien uit om julle in die finale rondte te sien.
Op die foto heel bo:
Voor (vlnr): Yolandi Scholtz; Frederich Erasmus (Beoordelaar); Tania van Staden (Beoordelaar); At Strydom (Beoordelaar); Kayla Meyer
Middel (vlnr): Anja Wege, FranƩ Swart; Petra MariƩ Arnoldi
Agter (vlnr): HannĆ© Swart; Zara BĆ¼chling; Marni Prinsloo; Amy Greyling; Tjaart Eloff