Op Donderdag 17 Januarie het die Erries hul jaarlikse Interhuis gehou.Ā Die Wit-, Rooi- en Groenspan het mekaar die stryd aangesĆŖ op veld, baan en die paviljoen. Die bekende EHS-gees was aanvoelbaar en die Erries het met groot opgewondenheid hul kant gebring.
Die dirigente het gesorg vir pret met āBackflipsā, āTutuāsā en interessant nuwe liedjies. Selfs die hoof van EHS, mnr. Pieter Grobler, het bygedra tot die gees met ān pragtige 100m hekkies saam met die o/15-seuns.
Die graad 9A-klas word aangewys as die klas wat die beste geklee is.Ā Die Witspan stap met die geesbeker weg, asook die wisseltroffe vir beste prestasie in die volgende ouderdomsgroepe: o/14(D), o/14(S), o/15(S), o/16(D), o/16(S), o/19(D) en o/19(S).
Die Rooispan ontvang die wisseltroffee vir beste prestasie in die volgende ouderdomsgroepe: o/15(D), o/17(D) en o/17(S).
Carla Ferreira word aangewys as Junior Victrix Ludorum, Tiaan Grobler as Junior Victor Ludorum, Lana Herholdt as Senior Victrix Ludorum en Francois du Plessis as Senior Victor Ludorum.
Al die leerders het na ān lang dag in die son die opwinding afgesluit met ān prettige, uiters morsige en verfrissende waatlemoenfees!
Geluk aan die leerders wat presteer het en dankie aan elke Errie wat bygedra het tot ān fantastiese gees.
EHS sien uit na ān suksesvolle atletiekseisoen.
Foto bo:Ā Tiaan Grobler