)

Erries geniet 2019 Interhuis

Op Donderdag 17 Januarie het die Erries hul jaarlikse Interhuis gehou. Die Wit-, Rooi- en Groenspan het mekaar die stryd aangesê op veld, baan en die paviljoen. Die bekende EHS-gees was aanvoelbaar en die Erries het met groot opgewondenheid hul kant gebring.

Die dirigente het gesorg vir pret met “Backflips”, “Tutu’s” en interessant nuwe liedjies. Selfs die hoof van EHS, mnr. Pieter Grobler, het bygedra tot die gees met ‘n pragtige 100m hekkies saam met die o/15-seuns.

Die graad 9A-klas word aangewys as die klas wat die beste geklee is. Die Witspan stap met die geesbeker weg, asook die wisseltroffe vir beste prestasie in die volgende ouderdomsgroepe: o/14(D), o/14(S), o/15(S), o/16(D), o/16(S), o/19(D) en o/19(S).

Die Rooispan ontvang die wisseltroffee vir beste prestasie in die volgende ouderdomsgroepe: o/15(D), o/17(D) en o/17(S).

Carla Ferreira word aangewys as Junior Victrix Ludorum, Tiaan Grobler as Junior Victor Ludorum, Lana Herholdt as Senior Victrix Ludorum en Francois du Plessis as Senior Victor Ludorum.

Al die leerders het na ‘n lang dag in die son die opwinding afgesluit met ‘n prettige, uiters morsige en verfrissende waatlemoenfees!

Geluk aan die leerders wat presteer het en dankie aan elke Errie wat bygedra het tot ‘n fantastiese gees.

EHS sien uit na ‘n suksesvolle atletiekseisoen.

Foto bo: Tiaan Grobler

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal