Hoërskool Ermelo se atlete het die afgelope naweek, 18 – 19 Januarie, hard gewerk aan hul atletiek-talent tydens ‘n afrigtingskliniek by Hoërskool Ermelo.
Die atlete het afrigting by uitstekende afrigters van Fast Feet Development in hul verskeie items ontvang. Die afrigters sluit in:
Hugo Badenhorst (spronge), Thabo Matebedi (naellope en hekkies), Ilze Wicksell (middelafstande) en Heugene Murray (gooie).
Baie dankie aan die afrigters en elke atleet wat die kliniek bygewoon het.
Die EHS sien julle deursettingsvermoë en harde werk raak en weet dat elkeen die vrugte daarvan sal pluk.
Foto bo:‘n Groep atlete saam met mnr. Hugo Badenhorst
