)

Erries gekroon as Mpumalanga-kampioene by gholf-uitspele

Op Maandag 13 Augustus het Hoërskool Ermelo se B- en C-gholfspanne aan die Mpumalanga-uitspele deelgeneem te Walker Park Gholklub in Evander.

Op ‘n winderige dag speel die Erries se B-span uitmuntende gholf en behaal ‘n totaal van 106 punte bymekaar, twee punte meer as hul naaste teenstanders en hierdie span word as Mpumalanga-kampioene gekroon.

Die C-span volg op hul beurt die voorbeeld van hul Errie-spanmaats en teken hul kaarte vir ‘n totaal van 110 punte, drie punte meer as dié van die naas-wenners, en word ook gekroon as Mpumalanga-kampioene.

As die enigste skool in die Gert Sibande-Streek wat meer as een span in die Mpumalanga-finaal gehad het, is die Erries ook nou die enigste skool in Mpumalanga wat meer as een Mpumalanga span het.

Baie geluk aan die Erries met dié uitsonderlike prestasie.

Die Errie-spelers en -afrigters bedank graag die skool en gemeenskap vir hul ondersteuning deur die loop van hierdie geskiedkundige seisoen.

Foto bo heel bo: Diederivk van der Walt, Wian Swart, Kobus van Heerden en Daniël Mulder (B-span)

 


Foto bo:  (vlnr): Francois du Plessis, Carla Ferreira, Vosjan Grey en André Dale Groenewald (C-span)

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal