Die eerste rugbyspan van Hoërskool Ermelo gaan 2019 met die Isuzu-embleem op hul truie uitdraf.
Mnr. Chris Rothmann van Rothmann Motors tree hierdie jaar as hoofborg op vir dié span. EHS se spelers en afrigters is baie opgewonde om met die mooi rooi Isuzu-embleem, wat perfek by die rooi nommers van die Erries pas, te spog.
EHS bedank graag mnr. Chris Rothman vir die ondersteuning.
ADVERTISEMENT
Ons sien uit na ‘n jaar vol hoogtepunte.