Twee van Hoërskool Ermelo se dogters-hokkiespanne het op Saterdag, 27 Julie, aan die Mpumalanga-finaal deelgeneem. Al die dogters het uitstekende spel en karakter getoon.
Die o/15A-span het teen HTS Witbank gespeel en die Erries wen hierdie wedstryd met 3 – 1. Hierdie span het hard gewerk en word as Mpumalanga-wenners gekroon.
Die Hoërskool Ermelo Calstar eerstespan het te staan gekom teen Hoërskool Middelburg. Hierdie was ‘n baie harde wedstryd en die Erries het geveg tot die einde toe in ‘n naelbytwedstyd. Hoërskool Middelburg wen die wedstryd 2 – 1, wat die Erries ‘n tweede plek in Mpumalanga besorg.
Baie geluk aan elkeen van die dogters!
EHS is uiters trots op julle en die besondere prestasie.
Foto bo: o/15A Dogtershokkie
Voor: Simoné Beyer
Middel vlnr: Simoné Ferreira, Jana Nel, Ruané Huber, Marla Oosthuizen, Kayla Grobler en Kerry-Ann Botha
Agter vlnr: Me. Elana Fourie, Leandri Beyer, Hanné Swart, Yonette Fourie, Dané du Plessis, Nicole Venter, Nicole van der Merwe, Clariz Olivier en Meghan Houy.


Voor vlnr: Cara Snyman, Deidre van der Meyden, Danel Olivier, Aloné Arnoldi en Kayla van der Meyden.
Agter vlnr: Carla Ferreira, Caylin Loock, Khensani Khumalo, Monique Ferreira, Surika Struwig, Me. Linda Horn, Frané Swart, Abigale Boynton, Sinethemba Nkosi, Chloë van Wyngaardt, Anzelle Volsoo en Jenna Oosthuizen