Op Saterdag, 27 Julie, het die Erries se o/15A- en eerstespan aan die eerste rondte van die Virseker Beker deelgeneem.
Die o/15A-span speel uitsonderlike rugby en wen Hoƫrskool Bastion met 31 punte teenoor 5. CJ van Huyssteen druk twee drieƫ en Diederik van der Walt, Marius Nel en Ignus Ferreira druk elk een drie. Wian Swart skop drie doelskoppe oor.
Die HoĆ«rskool Ermelo Isuzu-eerste rugbyspan wen in ān uiters spanningsvolle wedstryd met 32-31 teen HoĆ«rskool Randburg.
Baruch BĆ¼chling, Johan Nel en Walter Visser druk elk een drie. Laasgenoemde skop een doelskop, asook een strafskop oor.
Baie geluk aan al die seuns. EHS is trots op hierdie spanne en sien uit na die volgende wedstryde!
Foto bo: Dewald de Villiers met die bal en Cornus van den Berg agter hom