Op Woensdag en Donderdag 10 en 11 Julie het Hoƫrskool Ermelo se skuts aan die sesde prysskiet vir 2019 deelgeneem. Komende week skiet die skuts die laaste kompetisie om tellings bymekaar te maak en sodoende uitgenooi te word na die Mpumalangafinaal wat op 2 en 3 Augustus in Middelburg plaasvind.
Op Donderdag 11 Julie het Shaun Kennedy, ān Protea Lugpistool-skut, die EHS besoek en die lugpistool-skuts gehelp. Hul het baie by hom geleer en EHS sien uit na die toekomstige kompetisies.
Die tellings wat geskiet is, is as volg:
In die sporterklas skiet Pieter de Beer 1312, Dehandri Morkel (L/S JJ van der Merwe) 1293, Henrea van Zyl 1293 (pb), Herman Holtzhauzen 1286, Renel Swanepoel 1244, GJ Swanepoel 1119 en Eloise Prinsloo 1102.
In die pistoolafdeling skiet Emma Stevens 618 (pb) en Reinhardt de Beer (L/S JJ van der Merwe) 589.
Baie geluk aan die skuts!