Op Woensdag, 24 April, het Hoƫrskool Ermelo se eerste en tweede seunshokkiespanne op hul eie velde teen verskillende skole gespeel.
Die tweede span het hul tweede ligawedstryd teen HoĆ«rskool Morgenzon gespeel. Morgenzon was halftyd 2 ā 0 voor. Die Erries het egter nie gaan lĆŖ nie en die laaste helfte van die wedstryd kon Morgenzon net een verdere doel aanteken.
Die kragmeting tussen EHS se eerstespan en Highveld Park was ān blitsvinnige, aanskoulike wedstryd. Beide spanne se vaardighede is tot die uiterste beproef en ten toon gestel.
Ongelukkig kon EHS nie die mas opkom nie en Highveld Park wen die wedstryd 4 ā 0. Ten spyte van die nederlaag, lĆŖ EHS se eerstespan steeds eerste op die liga-ranglys.
Foto bo: Charis Brundyn