)

EHS en Piet Retief sê mekaar die stryd aan op netbalbaan

Op Donderdag, 25 April, het Hoërskool Ermelo se netbalspanne teen Piet Retief te staan gekom.

Albei skole het pragtige netbal gespeel en die Erries stap, na ‘n paar taai wedstryde, kop omhoog van die baan met gemengde welslae:

Die o/14A-span wen met ‘n uitmuntende telling van 22-5. Die o/14B-span verloor ongelukkig 8-15. EHS se o/15A-span verloor 17-26 terwyl die B-span 11-10 wen.

Die o/16-spanne verloor ongelukkig albei met onderskeidelik 9-27 (A-span) en 8-20 (B-span). Die tweedespan veg hard en wen met 23 doele teenoor 20. Hoërskool Ermelo Calstar se eerste netbalspan verloor ook ongelukkig naelskraap met 38-40.

Baie geluk aan die dogters wat uitstekend gespeel het en die Erries se naam hoog gehou het.

EHS is trots op julle!

Foto bo: Amy Greyling

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal