Op Donderdag, 25 April, het Hoërskool Ermelo se netbalspanne teen Piet Retief te staan gekom.
Albei skole het pragtige netbal gespeel en die Erries stap, na ‘n paar taai wedstryde, kop omhoog van die baan met gemengde welslae:
Die o/14A-span wen met ‘n uitmuntende telling van 22-5. Die o/14B-span verloor ongelukkig 8-15. EHS se o/15A-span verloor 17-26 terwyl die B-span 11-10 wen.
Die o/16-spanne verloor ongelukkig albei met onderskeidelik 9-27 (A-span) en 8-20 (B-span). Die tweedespan veg hard en wen met 23 doele teenoor 20. Hoërskool Ermelo Calstar se eerste netbalspan verloor ook ongelukkig naelskraap met 38-40.
Baie geluk aan die dogters wat uitstekend gespeel het en die Erries se naam hoog gehou het.
EHS is trots op julle!
Foto bo: Amy Greyling