Gedeon Boersema (agter, 4de van regs).
Gedeon Boersema van Hoërskool Ermelo het gedurende die September-vakansie saam met die o/15-Suid-Afrikaanse seunshokkie bokkiespan tien dae in Namibië getoer. Die span het wedstryde in Kimberly, Windhoek en Walvisbaai gespeel.
Die spanne waarteen hulle te staan gekom het, was almal senior spanne. Gedeon het vier van die span se doele aangeteken.
EHS is besonder trots op jou, Gedeon!