Hoërskool Ermelo is besonder trots op Zané Coetzee, graad 8-leerder van EHS. Sy is gekies vir die SAVOF (Suid Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie) Jonge dogter hengelspan vir 2021.
Zané het in April reeds deelgeneem aan die SAVOF Hengel spele te Vaaldam en is genooi om saam met die SAVOF te toer vanaf 2 tot 8 Oktober 2021 te Bloemhofdam.
Baie geluk, Zané! Dit is ‘n besondere prestasie wat jy behaal het en EHS is saam met jou trots daarop!