Walter Visser, graad 12-leerder van Hoërskool Ermelo, is gekies vir die o/18 SA-skole 7’s-rugbyspan.
Dié span het vanaf 6 tot 10 Maart aan die Capricorn 7’s- toernooi in Windhoek gaan deelneem en voorwaar stof in hul opponente se oë geskop!
Hulle wen al hul wedstryde met uitstekende tellings: 41-0 teen die Barbarians, 54-7 teen Zimbabwe, 35-0 teen Namibië, 44-5 teen Duitsland, 91-0 teen Botswana en weer 29-5 teen Duitsland in die finaal.
Die Erries is besonder trots om Walter as ‘n Errie te kan hê!
Foto bo: Walter Visser