)

Erries presteer nóg beter in 2018 Matriekeindeksamen

Na die hermerk van 2018 se matriekeindeksamen is Hoërskool Ermelo uiters trots om te sê dat die simbole vir EHS met 12 A-simbole, 1 B-simbool en 2 C-simbole gestyg het. Dit laat die Erries met ‘n totaal van 111 A-simbole uit 101 matrikulante en ‘n besondere 147 B-simbole!

Jenna Lewis se totale onderskeidings skuif van vier na ses. Sy kry ‘n onderskeiding by vir Afrikaans Huistaal, asook vir Wiskunde.

Lydia Landman kry een onderskeiding by wat haar nou met ses onderskeidinings laat. Haar Engels Eerste Addisionele Taal punte verbeter vanaf 78% na ‘n pragtige 83%!

Berné de Kock en Elbeth Badenhorst kry elk twee onderskeidings by hul reeds bestaande drie. Berné kry ‘n onderskeiding in Afrikaans Huistaal en in Rekeningkunde en Elbeth kry ook ‘n onderskeiding by in Afrikaans Huistaal, asook in Engels Eerste Addisionele Taal.

Franchoné Mulder behaal ook ‘n A-simbool in Afrikaans Huistaal wat haar met vier onderskeidings laat.

Eloïse Delport kry vir Engels Addisionele Taal en Geografie onderskeidings, wat haar ook nou met 4 onderskeidings laat.

Baie geluk aan die volgende leerders wat ook onderskeidings bygekry het. Sharné du Plessis wat vir Engels Addisionele Taal ‘n onderskeiding by kry en Dillon van der Merwe vir Geografie.

Baie geluk aan elke leerder met die verbetering van die uitslae!

EHS is besonder trots op julle en weet dat elkeen altyd in hart en siel ‘n Errie sal bly, want: Goed, beter… Erries!

Foto bo: Jenna Lewis

 

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal