Tegan Panos, graad 12-leerder van Hoƫrskool Ermelo, is gekies om saam met die o/18 Arthur Johnson-netbalspan oorsee te gaan toer.
Die proewe is gehou aan die begin van die jaar. Ten spyte daarvan dat EHS niƩ aan die proewe in Mosselbaai deelgeneem het nie, het Tegan se reputasie as uitstekende speler haar vooruitgeloop en is sy as verdediger gekies vir diƩ span, slegs op aanbeveling!
Hulle gaan vanaf 27 September tot 5 Oktober in Engeland en Wallis toer. Tegan sĆŖ: āDit is vir my ān besondere groot eer om saam met die span te gaan toer, veral omdat dit my eerste keer oorsee sal wees! Ek sien ongelooflik baie uit daarna!ā Sy sĆŖ ook dat sy dankbaar is vir die geleentheid, omdat dit haar tydperk om netbal te speel verleng. Haar netbal-hart klop sommer vinniger wanneer sy daaraan dink dat hulle teen spanne soos Engeland gaan speel, aangesien Engeland se netbal een van die top-netbalspanne is.
Baie geluk, Tegan. Die Erries is besonder trots op jou en wens vir jou alle voorspoed toe!