Altus Boshoff
Agtien leerders van Hoƫrskool Ermelo het aan die WOW-Spelfees deelgeneem wat op Donderdag, 5 September, by die Hoƫr Tegniese Skool Middelburg plaasgevind het.
In die junior afdeling het die Erries uitstekend gevaar met twee Erries wat in die top tien geĆ«indig het. Johan Strauss behaal ān pragtige vyfde plek en Altus Boshoff kwalifiseer met sy tweede plek om op 13 Oktober aan die WOW-spelfees se nasionale byeenkoms te gaan deelneem in Stellenbosch.
Dankie aan elkeen van die Erries wat die EHS se naam hoog gehou het by die jaarlikse WOW Spelfees. EHS is trots op elkeen van julle!