)

EHS speel harde Rugby by MPU-7’s

Arend Fourie voor en Andre Dale Groenewald agter hom

Gedurende die naweek van 6 en 7 September het Hoërskool Ermelo deelgeneem aan die jaarlikse Mpumalanga 7’s-rugbyuitspele in Barberton. Hoërskool Ermelo het ‘n o/15- en ‘n o/17-span ingeskryf. Die Erries behaal gemengde welslae tydens twee reënerige dae.

Die o/15-span verloor 12-21 teen Curro Nelspruit,maar wen Penryn met 30 – 7. Die 0/15’s wen Bergvlam 64-5 en Oosterland 19-0, maar verloor ongelukkig teen Hoërskool Middelburg in die Cup-kwartfinaal,sowel as teen Hoërskool Nelspruit in die plaat-semifinaal. Die Erries se o/15-span eindig sewende in die toernooi.

Die o/17’s kon ongelukkig slegs een oorwinning op die eerste dag behaal. EHS wen Piet Retief 21-19, maar verloor teen Penryn, Barberton en Curro Nelspruit met tellings van onderskeidelik 5-12, 5-14 en 7-19. Op die tweede dag wen die 0/15’s albei hul wedstryde. EHS wen Generaal Hertzog 28-7 en Steelcrest 22-5. Hulle sluit die toernooi die toernooi af met ‘n sewentiende plek.

Die MPU-7’s was ‘n goeie geleentheid vir die seuns om hulle talent vir 7’s-rugby verder fe ontwikkel en waardevolle ervaring op te doen. Geluk aan al die seuns en hul afrigters met hul mooi uitslae en ‘n hartlike woord van dank aan elk vir hul opoffering.

Marius Nel duik die teenstander met CJ van Huyssteen agter hom
Msizi Hlope hardloop met die bal
Jacques Potgieter op verdediging

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal