Die o/15A-krieketspan en hul afrigter, mnr. Eben Jonker.
Gedurende die krieketseisoen van 2019 het die o/15A-krieketspan van Hoƫrskool Ermelo gemengde welslae behaal.
Op 17 Augustus skop die seisoen af teen Hoƫrskool Standerton. Die Erries het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Die Errie-boulers het daarin geslaag om Standerton uit te boul vir slegs 92 lopies. Die boulers wat uitgestaan het, was Pieter Leibbrandt (2-10 in vier beurte), Tiaan Grobler (2-11 in vier beurte), Tobie Leibbrandt (2-19 in vier beurte) en Warwick Mauer (2-5 in twee beurte). Die Erries kolf tweede en gaan Standerton se telling verby in die agtiende beurt. Wian Swart het 35 lopies aangeteken en Tiaan Grobler 34. Die Erries wen die wedstryd met agt paaltjies.
Op 23 Augustus het die Erries teen Ligbron te staan gekom. Die Erries kolf eerste en teken 47 aan. Ligbron gaan die telling verby en wen met agt paaltjies.
Die volgende dag, 24 Augustus, speel die Erries teen HoĆ«rskool Piet Retief. Piet Retief wen die loot en besluit om eerste te kolf. Hulle slaag daarin slaag om 211 lopies aan te teken. Ā Die boulers wat uit gestaan het, was Tiaan Grobler (3-47 in nege beurte) en Tobie Leibbrandt (4-43 in nege beurte). Die Erries kolf tweede en kon slegs 177 lopies aanteken. Marco Ferreira het 63 lopies aangeteken en Tiaan Grobler 38 lopies aangeteken. Piet Retief wen die wedstryd met 34 lopies.
Op 29 Augustus speel die Erries teen Hoƫrskool Oosterland. Oosterland wen die loot en besluit om eerste te kolf. Die Erries slaag daarin om Oosterland vir 83 lopies uit te boul. Die boulers wat uitgestaan het was Tiaan Grobler (3-27 in sewe beurte) en Tobie Leibbrandt (4-9 in ses beurte). Die Erries kolf tweede en gaan Oosterland se telling verby in die agtiende beurt. Marco Ferreira het 30 lopies aangeteken en Tiaan Grobler 28. Die Erries wen die wedstryd met sewe paaltjies.
Op 2 September speel die Erries teen Hoƫrskool Hoogenhout. Die Erries wen die loot en besluit om eerste te kolf. Die Erries teken 213-7 in 25 beurte aan. Wian Swart teken 43 lopies aan en Tiaan Grobler teken 66 lopies aan. Hoogenhout kolf tweede en kon slegs 86 lopies aanteken. Die boulers wat uitgestaan het, was Wian Swart (3-26 in vyf beurte) en Tobie Leibbrandt (6-25 in vyf beurte). Die Erries wen die wedstryd met 127 lopies.
Baie geluk aan die seuns met die wedstryde wat hulle gewen het en dankie vir ān kort, maar heerlike seisoen.