Met baie opgewondenheid vertrek die Errieraad vir 2020 op Sondag 1 September op die Erries se jaarlikse leierskamp.
Na ān lang pad vir die graad 11ās het die gasvrye personeel van uBhetyan-o-Africa die Erries met ope arms ontvang. Die leerders het dadelik begin met al die opwindende aktiwiteite, asook met lesings oor leierskap en waardes wat deur EHS se personeel aangebied is.
Vol dae en laat nagte het verby gevlieg en op Woensdag 4 September keer die raad weer terug na Ermelo, vol idees, moed en nuwe wysheid vir die jaar en die uitdagings wat voorlĆŖ.
Die nuwe Errieraad en diĆ© se ouers wil graag die onderwysers van EHS en die personeel van uBhetyan-o-Africa bedank vir ān onvergeetlike kamp.
Die Erries is vas oortuig dat 2020 ān groot jaar vir EHS gaan wees!