)

Errieraad vir 2020 geniet leierskamp

Met baie opgewondenheid vertrek die Errieraad vir 2020 op Sondag 1 September op die Erries se jaarlikse leierskamp.

Na ‘n lang pad vir die graad 11’s het die gasvrye personeel van uBhetyan-o-Africa die Erries met ope arms ontvang. Die leerders het dadelik begin met al die opwindende aktiwiteite, asook met lesings oor leierskap en waardes wat deur EHS se personeel aangebied is.

Vol dae en laat nagte het verby gevlieg en op Woensdag 4 September keer die raad weer terug na Ermelo, vol idees, moed en nuwe wysheid vir die jaar en die uitdagings wat voorlê.

Die nuwe Errieraad en dié se ouers wil graag die onderwysers van EHS en die personeel van uBhetyan-o-Africa bedank vir ‘n onvergeetlike kamp.

Die Erries is vas oortuig dat 2020 ‘n groot jaar vir EHS gaan wees!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal