)

Errie-Con Spirito ‘n groot sukses

Vanjaar het Hoërskool Ermelo vir die eerste keer die Con Spirito-kultuurfees aangebied en die Erries het besonder goed presteer.

Verskeie leerders het deurgedring na die volgende rondte en hierdie leerders word uitgenooi na ‘n gala-aand en prysuitdeling: Daniel van der Merwe 98% (klavier), Jake Hoffeldt 95% (ghitaar), Anke Kruger 95% (gedig), Liezl Roos 90% (kuns), Lianie J van Vuuren 90% (ballet), Zara Büchling en Dané Thirion 94% (drama), Vandré Swart 94% (drama).

Die spanredenaars bestaande uit Vandré Swart, Hanné Swart, Zara Büchling en Tjaart Eloff het ‘n tweede plek behaal by die finaal met ‘n persentasie van 93%. Die Erries se koor word aangewys as die wenkoor van die hoërskole.

Ongelukkig was daar nie ‘n volgende rondte vir kore nie. Die beoordelaars was dit eens dat die eerste Con Spiritofees wat hier plaasgevind het, ‘n dawerende sukses was. Baie geluk aan elke leerder wat hierby betrokke was. Die Erries is besonder trots op julle.

(Voor vlnr): Tjaart Eloff, Lusanti Brundyn, Me. Gerda van Zyl, Elbeth Badenhorst en Vandré Swart

(Middel vlnr): Timon Brundyn, Lianie Janse van Vuuren, Hanné Swart en Daniel van der Merwe

(Agter vlnr): Dané Thirion, Marni Prinsloo, Zara Büchling en Jake Hoffeldt

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal