ERASA Uithourit Kampioenskappe. Rhoné Naudé is ‘n Leerder van Laerskool Truida Kestell in Bethlehem. Sy het vanaf 5 tot 7 Julie aan die ERASA Nasionale uithourit kampioenskappe deelgeneem te Fauresmith.
Rhoné en haar perd, Arkab Alfa, het die 206km in die negende plek vir kinderruiters voltooi. Dit is n uitstekende prestasie as in gedagte gehou word dat 298 perde die rit begin het. Slegs 126 perde het die rit voltooi. Dus het 57% van die ruiters nie die rit suksesvol voltooi nie.
Ten einde te kwalifiseer om aan die Kampioenskappe te mag deelneem, moet die ruiter en perd drie 80km ritte suksesvol voltooi. Ook hier het Rhoné haar staal gewys met drie eerste plekke en drie keer ‘n toekenning ontvang vir die ‘Beste voorbereide perd’.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf