Enviro Quiz. Hoërskool SPS Brandfort se Enviro Quiz groep Esmé Cronjé, Hendrika Louw, Mieke Rautenbach en Jaimee v/d Berg het aan die finale rondte deelgeneem.
Hulle was deel van die Top 10 skole in die Vrystaat, wat die naweek na Gariepdam is om aan die finale rondte deel te neem. Die leerders het mondeling deelgeneem oor die onderwerp “Global warming and climate change.” Die deelnemers moes ook ‘n liedjie sing oor die onderwerp en ‘n eksamen aflê.
SPS is trots oor die 3de plek wat die groep meisies behaal het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








