Einde van OMS Skoolbanke. Janine Moolman en Kristen Fichardt het Vrydag saam met die res van die matrieks gegroet. Dit was ook ’n afsluiting van dié twee gesinne se gesamentlike 38 jaar se skooljare op Hoër Meisie Oranje in Bloemfontein.
Kristen se ma, Isabel, het 25 jaar die eerste tennisspan afgerig. Haar pa, Gustav, het nege jaar op die beheerliggaam gedien. Dit raak ‘n leeftyd se verbintenis! Janine en Kristen is albei die derde lid van hulle gesin wat hul skoolloopbaan aan Oranje voltooi het. Voor Janine was Sabrina (matrikuleer in 2016) en Marizaan (2015, hoofmeisie) in Oranje. Die naasjongste Moolman, Nicola, was tot in graad tien in Oranje. Kristen se ouer susters, Carmen en Nieke, was onderskeidelik in 2019 en 2013 in matriek. Hulle ma het ook hier skoolgegaan.
Kristen en Janine het dieselfde tannie, Elfie, en niggies Gina (2019), Lize (2016) en Carita (2011) Moolman wat ook almal oud-Oranjes is. Gustav het nege jaar (drie termyne) op die beheerliggaam gedien, waarvan die laaste ses as voorsitter was. Dit het vroeër vanjaar tot ’n einde gekom. Isabel rig sedert 1997 die eerste tennisspan af. Janine en Kristen het vanjaar uitsonderlik in onderskeidelik netbal en drama presteer.
Janine was gekies vir die Mangaung o.19- en die Suid-Afrikaanse o.19-netbalspan en Kristen was ‘n nasionale finalis in die ATKV-digitoneel.
Lees meer oor OMS:
Become a Sponsor








