Op Donderdag, 26 April 2018 het Hoƫrskool Ermelo se rugby, dogtershokkie en netbal teen Lydenburg deelgeneem.
Ten spyte van die hitte het die Erries hul besonder goed van hul taak gekwyt.
EHS se dogtershokkie spog met 36 doele vir en geen teen hulle. HoĆ«rskool Lydenburg se dogtershokkie het les opgesĆŖ teen die Erries en die uitslae spreek daarvan:
0/14 A wen 8 ā 0. 0/15 A wen 2 ā 0. 0/16 A wen 4 ā 0. Tweedespan wen 9 ā 0. HoĆ«rskool Ermelo Calstar Eerste hokkiespan wen met ān pragtige telling van 13 ā 0.
Elke span het as `n Errie-eenheid gespeel en saamgewerk om mooi af te rond by die doelhok.
Kompeterende netbal is gespeel en goeie sportmangees is getoon. Die o/15A-span is die uitblinkers van die dag en wen hul wedstryd oortuigend! Die Hoƫrskool Ermelo Calstar Eerste-netbalspan speel n uitdagende wedstryd en wys ERRIE GUTS. Welgedaan, Erries! Die netbal se uitslae is soos volg (EHS se tellings is telkens eerste): o/14A 6-20; o/14B 9-15; o/15A 12-8; o/15B 3-19; o/16A 7-11; o/16B 3-13; Tweedespan 7-12; Hoƫrskool Ermelo Calstar Eerstespan 19-29.
Dankie vir elke netbaldogter wat haar hart uitgespeel het en nie ophou veg het nie.
Op die rugbyveld speel die Errie-seuns goeie rugby en vaar oor die algemeen uitstekend. Hier volg die onderskeie spanne se tellings: o/14A wen 36-12. Tiaan Grobler druk drie drieĆ«, Marius Nel, Siyabonga Mnguni en Surprise Nkosi elkeen een en Juan-Paul Labuschagne slag met drie doelskoppe. o/15A verloor met slegs 19-24. Twee drieĆ« word deur Lourens Erasmus gedruk en een deur GĆ¼nter Badenhorst. CornĆ© Janse van Vuuren en Wonderboy Mnisi verdoel elk een drie. o/16A wen oortuigend met 29 teenoor 19. Rabbie Marsh, Dylon Dewar en Daniel Mulder druk elk een drie, terwyl Luke Bulford twee druk. Hardus Rothmann skop twee doelskoppe oor. o/16B verloor met ān naelskraap-telling van 21-25. Kenollo Nchela, Gawie Diedericks en Gift Malaza druk elk ān drie. AndrĆ©-Dale Groenewald verdoel al drie drieĆ«. Die Tweedespan wen 19-14. Die puntemakers hier is Heubie van der Walt, Thandeni Thomo en Surprise Nkosi wat elk ān drie druk en twee doelskoppe word oorgeskop deur Surprise Nkosi en Robert Brown. HoĆ«rskool Ermelo Nashua Highveld Eerste rugbyspan verloor ongelukkig met 8 punte teenoor 47. Dillon van der Merwe druk die drie en Stefan Potgieter skop ān strafskop oor.
Baie geluk aan elke leerder en hul afrigters wat sover die vrugte pluk van hul voorseisoen se program. Ons sien uit na die volgende wedstryde.