Die tweede hengel-liga vir Hoërskole het op Saterdag 21 April 2018 te Eilandsmeer plaasgevind. Die kompetisie bestaan uit nege skole en 17 spanne. Die EHS behaal ‘n sesde plek wat die Erries nou algemeen in ‘n derre plek plaas. Rico Jordan, graad 10 EHS-leerder, is tans in ‘n algehele vierde plek.
Daar is nog twee ligas oor vir die jaar. Baie sterkte aan elke Errie wat deel is hiervan.
Op die foto bo:
(vlnr): Divan Lourens, Jake Hoffeld, Rico Jordan, Jorrie Jordan, Mnr. Pieter Grobler (hoof), Gerzanda Fourie, Vincent Schulze en Christiaan Schulze.