Voor vlnr: Andisiwe Vilakazi, Simoné Beyer, Bonke Sambo
Agter vlnr: Kerry-Anne Botha, Leandri Viviers, Lana Herholdt, Jana Nel, Me. Elana Fourie, Anke de Kock en Yvonne Röhm
Op Vrydag en Saterdag 23 en 24 Augustus het vier spanne van Hoërskool Ermelo deelgeneem aan die Mpumalanga 5’s hokkietoernooi wat gehou is by Penryn College in Nelspruit. Dit is die eerste keer dat dié toernooi aangebied word en dit was ‘n opwindende ondervinding vir die leerders en hul afrigters. Die Erries het twee junior spanne ingeskryf in die o/15-afdeling en twee senior spanne in die 0/17-afdeling. EHS se spanne het uitstekend presteer.
Die o/17-groen span het die senior trofee gewen en word gekroon as Mpumalanga 5’s-kampioene. Hul tellings was soos volg: o/17 groen span wen Curro Nelspruit 15 – 1, wen Lowveld High 14 – 2 en wen Bergvlam 12 – 2. Hulle speel in die semifinaal teen Penryn College en wen 4 – 2. In die finaal speel die span teen Hoërskool Nelspruit en wen 6 – 2. Jana Nel is aangewys as die speler van die toernooi van die seniors.
Die Erries se o/15-span word gekroon as die 5’s hokkietoernooi-kampioene. Dié span se tellings is as volg: wen Hoërskool Nelspruit 9 – 1, wen Middelburg Hoërskool 7 – 1 en wen Rob Ferreira 9 – 1. Hulle speel in die semifinaal teen EHS se o/14’s en wen 13 – 5. In die finaal speel hul teen Hoërskool Middelburg se o/14 ‘s en wen 7 – 3. Kayla van der Meyden word aangewys as die junior speler van die toernooi van die juniors.
Hierdie o/17-rooi span het baie mooi gespeel en eindig vyfde in die o/17’s se toernooi. Hul uitslae lyk soos volg: Hul verloor teen Hoërskool Nelspruit 7 – 1, wen Penryn 7 – 2 en wen Rob Ferreira 4 – 3. Hulle speel in die finaal teen Bergvlam en wen 5 – 0.
Die 0/14’s eindig algeheel 3de in die 0/15 toernooi.
Die jong o/14-span het, soos al die ander Erries, ook hul beste in elke wedstryd gegee. EHS is trots om te sê dat hul ‘n derde plek in die o/15-afdeling verwerf het. Hulle uitslae is soos volg: Hulle wen Rob Ferreira 6 – 2, wen Penryn College 9 – 4 en wen Middelburg Hoërskool se o/15’s 5 – 2. Hulle speel in die semifinaal teen EHS se o/15’s en verloor 3 – 15. Daarna volg die finaal teen Uplands en EHS wen 5 – 3.
Baie geluk aan elke EHS-dogter en –afrigter met die besondere uitslae. Die Erries is trots op elkeen.