Junior Landloopdogters (voor, vlnr): Aloné Arnoldi, Johnke Prinsloo en Kayla van der Meyden
(agter, vlnr): Mandi Swart, Caylin Loock en Zané du Plessis.
Op Woensdag, 21 Augustus, het Hoërskool Ermelo saam met 19 ander skole deelgeneem aan die jaarlikse Interhoër. Hierdie jaar was die byeenkoms aangebied te Ligbron Akademie vir Tegnologie.
Drie van Hoërskool Ermelo se atlete behaal individuele prestasies: Caylin Loock behaal ‘n tweede plek by die junior dogters, Jana Nel behaal ‘n derde plek by die senior dogters en Luyanda Mabuza behaal ‘n derde plek by die senior seuns.
EHS se senior dogterspan behaal ‘n eerste plek in die spankompetisie en die junior dogterspan behaal ‘n tweede plek.
Gedurende die drie voorafgaande liga-byeenkomste kon die atlete punte akkumuleer om te kwalifiseer vir liga-toekennings, mits hulle aan al drie byeenkomste deelneem. Bongmusa Vilakazi ontvang ‘n brons medalje vir ‘n derde plek, seuns o/14, vir sy prestasie gedurende die liga, Luyanda Mabuza ‘n eerste plek, seuns o/19 en Chantelle Swart ook ‘n eerste plek by dogters o/16.
Baie geluk aan die atlete wat uitstekend presteer het. Die Erries is voorwaar trots op julle.
Baie sterkte aan die Errie-atlete, Caylin Loock, Chantelle Swart, Bongmusa Vilakazi en Luyanda Mabuza wat op Saterdag, 31 Augustus, aan die Mpumalanga-kampioenskap gaan deelneem. EHS hou duim vas en vertrou dat dit goed sal gaan.