Op Woensdag, 9 April, het Hoërskool Ermelo se eerstespan seunshokkie te staan gekom teen Hoërskool Standerton in hul derde ligawedstryd.
Die seuns het weereens uitstekende spel gelewer wat verseker het dat hulle as oorwinnaars van die veld stap. Met die eindtelling van 4 doele teenoor nul kon die Erries die veld met trots verlaat.
Adriaan Oliver teken twee doele aan, terwyl Charis Brundyn en Andre Dale Groenewald elk een doel vir die span aanteken.
Baie geluk aan die seuns met die oorwinning.
Erries is inderdaad baie trots op elkeen van julle!
Foto bo: Charis Brundyn