Hoƫrskool Ermelo se redenaars het op Woensdag 10 April met baie groot belangstelling afgeskop. Tydens die jaarlikse interne-redenaarskompetisie het die leerders voorwaar hul blink gevryfde talent na vore gebring.
In die juniors se voorbereide-afdeling word Mienke Cloete aangewys as wenner en ZanƩ du Plessis by die juniors onvoorbereid.
By die senior voorbereide-afdeling is Amy Greyling die wenner en Charis Brundyn by die seniors se onvoorbereide-afdeling.
EHS se Addisionele Taalleerders presteer ook uitstekend met Aalia Deedat in die eerste plek.
Die volgende leerders is deur na die eerste ronde van die ATKV-redenaars: Charis Brundyn, Leandri Viviers, Zara BĆ¼chling, Amy Greyling, Francois du Plessis, Elizia van Heerden, Mienke Cloete, ZanĆ© du Plessis, Dirk Maritz, Johnke Prinsloo, Danielle Kocaj, Carla Ferreira, Aalia Deedat en Karabo Nkosi.
Hoƫrskool Ermelo is trots op elkeen wat deelgeneem het en opgewonde oor die groeiende belangstelling op kultuurgebied.
Baie geluk aan elkeen wat ān plek ontvang het.
EHS hou duim vas vir die volgende kompetisies!
Foto bo:Ā Voor vlnr: Elizia van Heerden, Johnke Prinsloo, Danielle Kocaj, Aalia Deedat, Karabo Nkosi en Dirk Maritz
Agter vlnr: Amy Greyling, Carla Ferreira, Charis Brundyn, Mienke Cloete, ZanƩ du Plessis en Francois du Plessis