Op Saterdag, 6 April, het die Erries Hoƫrskool Ben Viljoen van Groblersdal gepak met vriendskaplike wintersportwedstryde. Hoƫrskool Ermelo speel uitstekend en kwyt hulself besonder goed van hul taak.
EHS se netbal oorheers op die baan en ses van die agt spanne wen en een span speel gelykop.
Die o/14A-span wen met 27 doele teenoor 21 en die B-span met 17-11. Die o/15A-span met met ān pratige telling van 23-9, maar die B-span verloor ongelukkig met 9-19. Die o/16A-span stap na ān harde wedstryd van die baan af as oorwinnaars met ān naelskraaptelling van 21-20 en die B-span maak 17 doele bymekaar met slegs nege teen hulle. Die Erries se tweedespan veg hard en eindig met ān gelykop-telling van 18 elk. HoĆ«rskool Ermelo Calstar eerstespan wen met 35-27.
Die Erries speel aanskoulike hokkie en die uitslae is weereens ān bewys daarvan:
Die o/14A-span wen gemaklik met 6 ā 1. Hierdie jong span speel belowende hokkie en toon baie potensiaal. Baie geluk aan Jaclyn Venter en Inge Greyling wat elk twee doele geslaan het en Nathalie Nel en SimonĆ© Jacobsz wat elk een doel aangeteken het.
Die o/15A-span wen 7 ā 0 met Carla Ferreira wat vier doele aangeteken het en Caylin Loock, Anzelle Vosloo en Danel Olivier wat elk een doel slaan.
Die o/16A-span oorheers die wedstyd, maar moes die knie buig en verloor die wedstryd 1 ā 0.Ā EHS se tweedespan speel pragtige hokkie en wen met ān skitterende telling van 8 ā 2. Meghan Houy en Zeldine Pienaar teken elk drie doele vir hul span aan met Jani Hattingh wat twee doele slaan.
HoĆ«rskool Ermelo se Calstar eerstespan speel hokkie wat die toeskouers laat hoendervleis kry. Hierdie span wen 4 ā 0. Kyla Grobler teken twee doele aan en Marla Oosthuizen en Yonette Fourie elk een doel.
Op hulle beurt behaal die rugby gemengde welslae:
Die o/14A-span verloor 7-24 met Zian Kotze wat die drie druk en verdoel.Ā Die o/15A-span wen met ān telling van 22-12. Hier is dit Diederik van der Walt, CJ van Huyssteen, Ignus Ferreira en Sihle Nkambule wat elk een drie druk en Wian Swart wat een drie verdoel.
EHS se tweedespan speel uitstekende rugby en wen die stryd met 41-10. Rabbie Marsh en Chad Coetzee druk elke twee drieƫ en Pedri Louwrens, Dillon Dewar en Sechaba Manasoe druk elk een drie. Zuzu Mabuza verdoel drie van die drieƫ.
HoĆ«rskool Ermelo se eerstespan het, na ān harde stryd, met baie uitdagings ongelukkig verloor met ān baie naby telling van 27-29. Justin McLaren, Luke Bulford en Walter Visser druk elk een drie. Laasgenoende verdoel ook drie drieĆ« en skop twee strafskoppe oor.
Baie geluk aan die Erries wat uitstekend gevaar het en EHS se naam hoog gehou het.
Foto bo:Ā Baruch BĆ¼chling