Drie ruiters van Hoƫrskool Ermelo, het op 6 April aan SANESA se tweede kwalifiserende rondte deelgeneem te badplaas. Die leerders het, soos dit Erries betaam, uitstekend gevaar.
Margha Greling het, met haar perd Brandenburg Corelli, die volgende plekke behaal:
Eerste in Equitation Level 6 (1m), tweede in Jumping Competition (1m), Prix Caprilli Novice en Prix Caprilli en in Jumping A2 (1m) behaal sy ān derde plek.
Met Lorelock Legolas, haar ander perd, presteer sy ook uitstekend:
Twee eerste plekke in Prix Caprilli Level 1, asook in Showing Level 5 en in Working Hunter (70 cm) en twee tweede plekke in onderskeidelik Jumping Competition (70cm) en Jumping A2 (70cm)
Walter en Inge van der Walt het ook aan hierdie rondte deelgeneem.
Walter het skoonskip gemaak en al sy klasse gewen. Hy en sy perd, Gloorwin Tribbes, wen die volgende items:
90cm – Kompetisie klas
90cm ā Kampioenskapsklas
90cm – Working Hunter Klas.
Inge het in haar afdeling ook uitstekend gevaar en haar uislae is as volg:
Met haar perd, Diesel, behaal sy twee eerste plekke in onderskeidelik in 80cm kompetisieklas en 80cm kampioenskapklas. Met haar perd, Trevan Applause, behaal Inge ān tweede plek in die A2 kopetisieklas.
Baie geluk aan die drie leerders.
EHS is trots op julle!
Foto bo:Ā Margha Greyling