Die afgelope naweek, vanaf 1 tot 3 Maart, het vyf van die Errie-skuts aan die jaarlikse interprovinsiale skietkompetisie in Vryheid deelgeneem.
Hierdie kompetisie vind elke jaar tussen Mpumalanga en Kwazulu Natal op ān rotasiebasis plaas. Die ander provinsies in die land het dieselfe kompetisie en dit vind op dieselfde tyd plaas.
DiƩ kompetisies is die eerste rondte proewe vir skuts om in die Suid-Afrikaanse-skole skietspan ingesluit te word. Gedurende Augustus gaan die verkose span Suid-Afrika in Engeland verteenwoordig.
Pieter de Beer het ān tweede plek behaal as o/14-sporterskut.
Al die Errie-skuts het baie goed geskiet en twee het hul persoonlike beste tellings geskiet.
Van die tellings is as volg: John-Henri van Zyl 1348, Pieter de Beer 1288, Renel Swanepoel 1280 en Hendrea van Zyl 1213 (pb). Herentia van Zyl het ook haar persoonlike beste geskiet.
Baie geluk aan elkeen van die skuts! EHS is trots op julle.
Foto bo: Pieter de Beer ontvang sy trofee vir tweede plek