Op Woensdag 18 April 2018 het die eerste rondte Gert Sibande-netbalproewe op die Erries se terrein plaasgevind. Dit was ān suksesvolle dag en die Erries is baie trots op die volgende dogters wat deur is na die finale proewe:
Tegan Panos en Noluthando Mkhonza is gekies vir die o/18-span. Madison Botha, Lihle Nzimande en Kholeka Mngomezulu is gekies vir die o/17-groep. Amy Gryeling en Zara BĆ¼chling is gekies vir die o/16-span. In die o/15-span is dit U-lene Nortje en Pamela Zwane en by die o/14ās is dit Megan Marais en Danika van Loggerenberg wat ingesluit is.
Baie geluk aan elke dogter en sterkte met die volgende proewe.
Op die foto bo:
(v.l.n.r):Ā Pamela Zwane, Danika van Loggerenberg, U-Lene Nortje, Amy Greyling, Tegan Panos, Zara BĆ¼chling, Megan Marais, Lihle Nzimande.