Op Dinsdag, 16 April, het Hoërskool Ermelo se netbalspanne te staan gekom teen Hoërskool Oosterland. Al die spanne wen oortuigend terwyl die spelers ook op die bane hul Errie-waardes ten toon gestel het.
Die uitslae getuig van die spelers en afrigters se harde werk:
Die o/14A-span wen 24-14 en die B-span wen 26-1.
EHS se o/15’s vaar ook goed met die A-span wat wen met ‘n telling van 20-14 en die B-span wat 18-5 wen.
Die seniorspanne wen onderskeidelik met 23-11 (o/16A’s) en 17-13 (tweedespan) terwyl Hoërskool Ermelo Calstar se eerste netbalspan kop omhoog huis toe kon keer met ‘n oorwinning van 36-11.
Baie geluk aan die netbaldogters.
EHS is trots op elke speler en afrigter.
Foto bo: Lungelo Vilakazi