Op Dinsdag 16 April het Hoërskool Ermelo se eerste seunshokkiespan hulle vierde ligawedstryd gespeel teen Hoërskool Oosterland van Secunda.
André-Dale Groenewald en Charis Brundyn teken elk ‘n doel aan vir EHS terwyl Lungelani Nhlapo, die Erries se doelwagter, hom uitstekend van sy taak gekwyt het en bankvas voor die doelhok gestaan het.
Oosterland bied sterk weerstand en die wedstryd eindig gelykop met twee doele elk.
Baie geluk aan die hokkieseuns.
EHS is trots op julle!
Foto bo: Adriaan Olivier
Become a Sponsor











