)

EHS-hokkie domineer op Ligbron se astro

Op Woensdag, 17 April, het Hoƫrskool Ermelo se rugby en dogtershokkie kragte gemeet teen Ligbron Akademie vir Tegnologie.

Onder die vyf EHS-hokkiespanne wat gespeel het, teken die dogters 26 doele aan in die guns van Hoƫrskool Ermelo en staan slegs een doel af. Die Errie-dogters het hul stem dik gemaak en pragtige hokkie gespeel. Die uitslae was as volg:

Die o/14A-span wen met ses doele teenoor nul. Nathalie Nel en Inge Greyling teken elk ā€˜n doel aan, terwyl SimonĆ© Jacobsz en Jaclyn Venter met twee doele elk kon spog.

Die o/15- en o/16A-spanne wen albei gemaklik met 4-0. Carla Ferreira, Caylin Loock, Danel Olivier en Anzelle Vosloo teken doele vir die o/15A-span aan, terwyl Mignon Ferreira, Nadia Kluyts, Anke de Kock en Margha Greyling die puntemakers was in die o/16A-span.

Die Erries se tweedespan wen ook oortuigend met 5-0. YanĆ© Broekman skiet drie doele vir diĆ© span, terwyl Sunelle de Bruyn en Zeldine Pienaar elk ā€˜n doel aanteken.

HoĆ«rskool Ermelo Calstar se eerste dogtershokkie-span verlaat die veld met ā€˜n trotse oorwinning van sewe doele teenoor een. HannĆ© Swart, Meghan Huoy, Kyla Grobler, Yonette Fourie en Clariz Olivier teken elk een doel aan vir hul span terwyl Jana Nel met twee doele kon spog.

Baie geluk aan elke dogter wat pragtige hokkie gespeel het en die Erries se naam hoog gehou het. EHS is besonder trots op julle!

Hoërskool Ermelo se rugbyspanne het op hul beurt baie veggees aan die dag gelê, maar moes ongelukkig die knie buig teen Ligbron. Die uitslae was as volg:

Die o/14A-span verloor 56-0, die o/15A-span 21-14, die o/15B-span 33-12, die o/16A-span 53-5 en die o/16B-span 31-0. Die derdespan verloor 17-7, die tweedespan met ā€˜n naelskraap nederlaag van 15-14 en die eerstespan 14-5.

EHS is trots op die seuns wat deurentyd moedig teruggeveg het met passie, trots en deursettingsvermoƫ. EHS sien uit na die res van die liga!

Foto bo: SimonƩ Beyer

 

Kyla Grobler
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal