Op Vrydag en Saterdag 25 en 26 Mei 2018 het leerders van Hoƫrskool Ermelo deelgeneem aan die JKA Suid-Afrikaanse-kampioenskappe te Standardbank-arena in Johannesburg.
Christiaan Wege (foto bo), graad 8-leerder van EHS deel ān vyfde plek uit 21 deelnemers vir die Kumite Novice en kom dertiende uit 24 deelnemers vir die Kumite Elite. Chistiaan haal ongelukkig nie die Suid-Afrikaanse span nie. Die Erries is egter steeds trots op hom, omdat hierdie Errie Mpumalanga goed verteenwoordig het.
Aalia Deedat (foto onder) wat tans in graad 11 is by EHS presteer besonder goed. Sy ontvang ān brons medalje vir haar Kumite en is in die Top 8 vir die Kata. Aalia word gekies as deel van die Suid-Afrikaanse span wat Suid-Afrika in September by die Africa Cup gaan verteenoordig. Baie geluk, Aalia! Die Erries is trots op jou en sien uit na jou toekomstige prestasies!