)

EHS-Landsdiens – Landsdieners gekies vir provinsiale kamp

EHS-Landsdiens. Tien Landsdiens leerders van Hoërskool Ermelo is gekies vir die Landsdiens Provinsiale Kamp. Die kamp vind DV plaas van 29 Junie tot 3 Julie te Blyde Adventure Camps naby Hoedspruit.

Om in aanmerking te kom om gekies te word, word daar onder meer na die volgende kriteria gekyk: bywoning, gedrag, lojaliteit, klubkamp bygewoon, jare lid, registrasie op datum. Elke klub mag slegs ‘n sekere aantal leerders na die provinsiale kamp stuur. Leerders wat by bogenoemde kamp presteer, kom in aanmerking vir die nasionale kamp in Desember.

Die graad 8’s wat gekies is, is Carla Bronkhorst, Franco Gibbens, Mia Macaulay, Chané Oosthuizen, Mary-Janè van der Merwe en Madri van Niekerk. In graad 9 is dit Abigail Venter en Tharina Viljoen. Lisakhanya Sindi in graad 10 en Isabelle Moussier in graad 11 is ook gekies.

Hoërskool Ermelo se Landsdieners kom elke Woensdagmiddag van 15:00 – 16:00 bymekaar vir ‘n aktiwiteit wat sentreer om een van Landsdiens se vier liefdes: liefde vir God, liefde vir jou medemens, liefde vir die natuur en liefde vir arbeid.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal