Die graad 10-Landbouleerders van EHS wat die Chrissiesmeer Boeredag bygewoon het.
Die graad 10-landbouleerders van Hoƫrskool Ermelo, het op Woensdag, 11 Maart, die Chrissiesmeer Boeredag besoek. Daar het die leerders die lesing oor Bewaringsboerdery bygewoon en nuwe kennis verwerf oor ekologiese boerdery. Die leerders het ook die verskillende kultivars van mielies en sojabone van verskillende maatskappye, asook demonstrasies van verskillende grondbewerkingsimplemente geniet. Die Erries is baie dankbaar vir die geleentheid om die dag saam met die Chrissiesmeer-boeregemeenskap te kon geniet.
Herman Holtzhausen, ān graad 10-Errie, het tydens die boeredag aan ān kompetisie van Dekalb-saadmaatskappy deelgeneem. Feesgangers het die geleentheid gekry om die gewig van mieliepitte in n glashouer korrek te skat. Herman het die naaste aan die werklike massa geskat en was maar slegs met 6g uit!
Herman het vyf sakkies mieliesaad van Dekalb gewen.