Luyanda Mabuza
Op Saterdag, 14 Maart, was die Erries douvoordag op die pad na Midstream College in Pretoria. Ten spyte daarvan dat dit groentjieskonsert-tyd is en al die huise tot laat in die aande aan hul huisdanse en konserte oefen, het die Erries gewys dat hulle onder druk en met moeë lywe steeds hul beste kan gee.
Die uitslae van die dogtershokkie is as volg:
Die o/14A-span verloor in ‘n harde wedstryd 2 – 3. Melissa Olivier en Mia Davel het die span se doele aangeteken.
Die o/15A-span wen 2 – 0. Simoné Jacobsz en Isabella Burgers is hier die puntemakers. EHS se afrigters en spanne bedank me. Corlia Pienaar vir haar moeite, tyd en liefde vir hokkie en wens haar alle seën toe met haar nuwe pos.
Die o/16A-span wen 4 – 1. Surika Struwig, Kayla van der Meyden, Danel Olivier en Caylin Loock het die doele aangeteken.
Die tweedespan wen 2 – 0 met Mignon Ferreira en Ané Olivier as die puntemakers. Die Calstar-eerstespan het in ‘n harde wedstryd met 3 – 2 gewen. Die doele is aangeteken deur Jana Nel, Chané Bester en Bonke Sambo.
Die seunshokkie behaal gemengde welslae:
Die o/14A-seuns het 2 – 1 verloor in ‘n harde wedstryd. Hierdie jong span is steeds besig om mekaar te vind, maar het nogtans uitstaande hokkie gespeel. Carel Jacobsz het die doel aangeteken.
Die TWK-eerstespan seuns het aanskoulike hokkie gespeel, mekaar aangemoedig en hul beste op die veld gegee. Hulle wen 2 – 1. Hierdie span was die beste span op die veld met 90% gebiedsvoordeel. Baie geluk aan Japie Chris Groenewald en André Dale Groenewald wat die doele geskiet het.
Die netbalspanne eindig ook die dag met gemengde welsale:
Die o/14A-, o/14B- en o/15A-spanne wen onderskeidelik met 25 – 10, 15 – 13 en 17 – 16.
Die o/15B-, o/16A-, en o/16B-spanne verloor ongelukkig met 12 – 17, 16 – 21 en 9 – 22.
Op hul beurt wen die tweedespan met ‘n uitstekende 28 – 7, maar die Hoërskool Ermelo Calstar-eerste netbalspan verloor ongelukkig met 16-26.
Die rugby van EHS se uitslae lyk soos volg:
die o/14A en o/14B-spanne wen albei met onderskeidelik 41 – 0 en 32 – 10.
Die o/15A-span verloor ongelukkig met 14 – 19, terwyl die o/15B-span wen 17 – 14.
Die o/16A-span wen 26 – 3, die tweedespan verloor 24 – 0 en die eerstespan verloor 25 – 22.
Die eerste- en tweedespan meisies, asook die eerste-, tweede- en derdespan seuns van EHS se tennis, het Midstream College op Vrydag 13 Maart aangevat. Ongelukkig het al die spanne die stryd verloor, maar dié vriendskaplike wedstryde was vir die Erries goeie blootstelling en ‘n goeie leerskool.
Baie geluk aan al die spanne met pragtige sport.
EHS is trots op elkeen!