)

EHS is naaswenners by Interhoër na punteregstelling

Op Saterdag, 16 Februarie, het Hoërskool Ermelo saam met sewe ander skole deelgeneem aan die jaarlikse Hoëveld Interhoër Atletiekbyeenkoms te Ligbron.

Die Erries het uitstekend presteer en het die EHS se naam hoog gehou op die veld en baan.
Weens tegniese redes was die uitslae wat op dié dag bekend gemaak is, foutief.

Teen Vrydag 22 Februarie het EHS die amptelike verklaring ontvang wat bevestig dat Hoërskool Ermelo naaswenners is en nie ‘n vierde plek behaal het soos wat aanvanklik aangekondig is nie.

Hierdie jaar se byeenkoms het ‘n nuwe formaat aangeneem, naamlik A- en B-spanne. EHS behaal in beide afdelings ‘n tweede plek, wat die Erries ‘n uitsonderlike algehele tweede plek gee.

Die nuwe uitslae lyk soos volg: Hoërskool Rob Ferreira eindig eerste met 1457.5 punte. Hoërskool Ermelo behaal ‘n tweede plek met 1382 punte. In die derde plek is Hoër Volkskool Heidelberg met 1300 punte en Ligbron neem ‘n vierde plek in met 1296.5 punte.

Hoërskool Ermelo spog met 19 goue medaljes in beide A- en B-spanne, 20 silwer medaljes in die A-span en 29 silwer medaljes in die B-span en 19 brons medaljes in die A-span en 24 brons medaljes in die B-span.

Die Erries se dogterspan is aangewys as die beste dogterspan van die dag. Hierdie dogters het hard gewerk en geveg tot die einde en is daarvoor beloon.

Die volgende dogters ontvang ook elk ‘n wisseltrofee vir beste prestasie van die dag:

Amy Greyling – Beste worpe senior dogter
Carla Ferreira – Beste worpe junior dogter
Danel Olivier – Beste hekkies junior dogter

Die Erries se sangatlete het kop en skouers bo die ander uitgestaan en in gure weersomstandighede hul stemme dik gemaak. Hulle het onophoudelik met ywer en entoesiasme die atlete aangemoedig onder leiding van dirigente wie se passie vir EHS aansteeklik was. Die tema van die dirigente was Peter Pan.

Ten spyte van die feit dat daar geen geesbeker uitgedeel is nie, het Hoër Volkskool Heidelberg dit goedgedink om aan die Erries hul drom te skenk. Die ander skole het heelhartig saamgestem dat die Erries die drom verdien. Só is ‘n nuwe gees-tradisie geskep.

Baie geluk aan elke Errie-atleet en dankie vir elkeen se ondersteuning en Errie-GUTS.

EHS kan met trots sê dat die Erries hul koppe hoog gehou het.

Foto bo: Corné Jansen van Rensburg

 

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal