Op Woensdag 25 April 2018 het die finale Mpumalanga-hokkie-proewe plaasgevind. Die o/14’s se proewe het by Ligbron Akademie vir Tegnologie plaasgevind, terwyl die o/16’s by Hoërskool Nelspruit was en die 0/18’s by Curro Nelspruit.
Baie geluk aan die volgende 0/14’s wat vir die Mpumalanga oefengroep gekies is: Carla Ferreira, Caylin Loock, Deidre van der Meyden, Kayla van der Meyden, Sinethemba Nkosi, Chloë van Wyngaard en Danel Olivier.
Die 0/16’s wat gekies is, is Jana Nel, Lana Herholdt en Anke de Kock.
Die volgende 0/18’s is vir die Mpumalanga A-span gekies: Lydia Landman, Simoné Ferreira, Nicole van der Merwe en Dané du Plessis.
In die Mpumalanga B-span is Ansu Klopper, Nicole Venter en Ruané Huber.
Baie geluk en sterkte aan elkeen van hierdie dogters. Ons is besonder trots op julle!
Foto bo:
Voor (vlnr): Caylin Loock; Simoné Ferreira; Sinethemba Nkosi; Danel Olivier; Jana Nel; Deidre van der Meyden; Chloë van Wyngaard
Middel (vlnr): Anke de Kock; Nicole van der Merwe; Lydia Landman; Dané du Plessis; Lana Herholdt
Agter (Vlnr): Kayla van der Meyden; Carla Ferreira; Nicole Venter; Ruané Huber; Ansu Klopper
Become a Sponsor










