Op Saterdag, 26 Januarie, het Hoƫrskool Ermelo die atletiekbyeenkoms met Hoƫrskool Volksrust, Hoƫrskool Oosterland en Curro Nelspruit, aangebied. Teen vroeg-middag moes die byeenkoms egter gestaak word as gevolg van die weer.
Met slegs 82 uit die 138 items reeds afgehandel, het die Erries 43 goue medaljes verower. Die skool wat naas EHS die meeste eerste plekke behaal het, het slegs 25 verower. Daarby het die Erries 20 tweede plekke en 23 derde plekke behaal.
Geen indivuduele toekennings is toegeken nie, weens die feit dat die byeenkoms nie voltooi kon word nie.
EHS is baie trots op elke atleet en sien uit na die volgende byeenkoms se prestasies.
Foto bo: Johan Nel