)

EHS begin dramaskool op dramatiese wyse

Op Woensdag, 23 Januarie, het leerders wat by die At Strydom-dramaskool ingeskryf het vir die eerste keer bymekaar gekom.

Belangstelling in dié nuwe buitekurrikulêre aktiwiteit wat deur die EHS aangebied word, is groot en ongeveer veertig leerders van EHS, JJ van der Merwe en Ermelo Christian School het Woensdagaand opgedaag vir hul eerste dramaklas.

Dit was ‘n leersame ervaring waar gefokus is op verskeie opwarmingsoefeninge en elementêre dramategnieke. Leerders is ook die geleentheid gegun om mekaar beter te leer ken.

Mnr. At Strydom beskik oor ‘n eie drama-ateljee in Johannesburg. Die Erries voel voorwaar baie geëerd en bevoorreg om hom by die EHS te verwelkom. Deur die loop van die jaar sal hy onder meer aandag skenk aan die volgende: toneelspel, verhooggrimering, spraakopleiding, kreatiewe denke, mimiek, storievertelling, selfbeeld- en persoonlikheidsontwikkeling.

Daar word geglo en vertrou dat dié nuwe deur wat by die EHS oopgemaak is in die toekoms nog vele nuwe geleenthede aan baie Erries sal bied op verskeie terreine. Leerders wat aan die einde van die jaar hul praktiese eksamen slaag, sal elk ‘n sertifikaat van Strydom se geakkrediteerde dramaskool ontvang.

Die EHS is baie opgewonde en sien met verwagting uit na ‘n jaar vol fantastiese drama-geleenthede asook die baat wat die Erries by die dramaklasse sal vind.

Foto bo: Deel van die opgewonde groep leerders wat reg is vir die opwarmingsoefeninge

 

Mnr. At Strydom besig met indivuduele aandag aan die leerders
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal